Wildvest News

September 2012 – International Investment in the Wildlife Industry is Inevitable.

Posted by:

September 2012 – International Investment in the Wildlife Industry is Inevitable.

Abundance of surprises at Thaba Tholo Auction 2012

Thursday, 27 September 2012 12:31 Magol Pos

Thabazimbi — Thaba Tholo Game Farm in Thabazimbi, Limpopo is still fairly new to the auction arena, but on 19 September 2012 they proved that they are wild about the wild and that they will go down in history books for breeding animals of exceptional worth.
The 2012 Thaba Tholo auction catered for everyone.  From the small farmer who aims to extend the genetic flow of the wildlife population in our country, to the big fish who pride themselves in growing our natural resources.
Game on offer ranged from Steenbok, Eland, Kudu, Giraffe and Tsessebe to exotic species like Zambian Sable, Roan and Buffalo.

Excitement filled the air when the first lot for the day was closed, a 44.5 inch West Zambian Sable bull, called Tony, sold for R1.3 million. Various Zambian Sable Antelope passed the R1.5 million mark. But the star of the show was Dinaka, a 48 inch proven breeding bull.  This Zambian Sable Antelope was sold in a joint venture to Mr Johan Bosch and Shelanti Game Ranch for R7.1 million.
More noteworthy sales for the day were – Breeding pairs of Steenbok priced at R6 500.  A new SA record for a Bushbuck breeding group was set at R13 250. Another record was made on two young pregnant Matetsi Sable cows sold with Heifer calves. The new record stands at R530 000. Two pregnant Matetsi Sable breeding cows also equalled the SA record at R360 000. Black Impala went for R180 000 apiece and a breeding group of one male and two female Golden Oryx Gazelle reached R375 000.

As was expected, the Thaba Tholo buffalo also attracted a lot of attention.  This year the ladies caused quite a stir.  The 13 to 14 year old pregnant 36 inch Kate, and 36.5 inch Nandi, both came under the hammer for R2.6 million and the matriarch of the auction, five and a half year old Vlekkie, daughter of the celebrated Matetsi, sold for R3.4 million.
At the 2012 auction Thaba Tholo also offered a hunt of a lifetime.  One 49.5 inch buffalo bull was auctioned off for hunting purposes.  The decision to put the 11-12 year old bull up for a trophy hunting concession was made because the veld bull is unfit to reproduce. In order to avoid a great specimen that can’t extend the gene pool, being misleadingly sold as a breeding bull, management felt obligated towards the industry to remove the animal from the system.  The sale was made on a telephone bid of R1.7 million and will be registered in the SA book of records. In the next six months the excited trophy hunter, who would like to remain anonymous, will spend seven to fourteen days on the 35 000 hectare game farm, to hunt for his trophy in its natural habitat. This will be an all-embracing Big 5 hunt between other free roaming dangerous game.

For the final lot of the day, buyers could choose between two prize breeding bulls, the 51 inch Bhekifa whose name originated from Tswana, meaning Expected Inheritance, and the awe-inspiring 49 inch Cuanza. The other will remain on the farm and continue to secure superior offspring in years to come. Unfortunately bids did not warrant a sale on this lot and management declined the highest offer of R7.5 million. An undisclosed offer was made after the auction, and Bhekifa will soon be relocated to his new home in the Free State to the farm of Mr Jaco Troskie.
The total turnover at the 2012 Thaba Tholo auction was just under R136 million.

Hunting Buffalo Bull Sold For R1.7 million

Hunters are digging deep into their pockets for the priviledge to hunt big trophy animals. Prices like these will continue to grow as more clients demand big trophy animals and game farmers having to invets in stud animals to produce these quality animals.


 

Dit gaan alles oor horinglengte

Beeld 2012-10-06  deaur Kirby van der Merwe

“There’s money in the business,” sê Cyril Ramaphosa. Hy is bereid om sy sak te skud vir die regte teelmateriaal. Wildveilings is deesdae een van die plekke om gesien te word as jy diep sakke het (of wil hê). Kirby van der Merwe het gaan kyk waarom dié bedryf so baie geld en belangstelling lok.

Om negeuur die oggend kom land die helikopters op die oop lap grond in die Bosveld op die Thaba Tholo-wildreservaat by Thabazimbi. ’n Lang stofwolk staan agter die string rygoed op die grondpad op pad soontoe vir die Thabo Tholo-wildveiling, een van die reeks eersterangse wildveilings van die seisoen. Daar is ’n beroering in die lug ná die rekordpryse wat skaars wild op onlangse veilings behaal het: ’n Buffelbul vir R26 miljoen en op Kroonstad drie Zambiese swartwitpense vir R1 miljoen elk. Boet Troskie en sy seun Jaco het ’n buffelkoei en haar kalf vir R20 miljoen gekoop. En ’n wildebeesbul het R5,1 miljoen gehaal.

Dié uitsonderlike skaars diere word soos kroonwild opgepas. Wagte met aanvalsgewere staan paraat by Thaba Tholo se veiligheidshekke. “Dit is een van die min geleenthede waar die publiek toegang kry tot Thaba Tholo,” sê ’n vrou agter op een van die wildbesigtigingsvoertuie wat voornemende wildkopers op ’n toer neem tussen die kampe met die lotte uitgesoekte swartwitpense, buffels en ander wild.

Die manne vergelyk die diere in die kampe met die foto’s en die stamboek-inligting in die veiling-katalogus. Die katalogus herinner aan ’n volbloedperd-veiling: Lot nommer 2A is ’n Zambiese swartwitpens; gebore op 25 Mei 2010; dogter van Madiba; dragtig deur Tony, ’n Wes-Zambiese swartwitpens met horings van 44,5 duim (die horings word in duim gemeet); uitsonderlike genetika…

Thabo Tholo het van die top-teelmateriaal en die voorste telers en telersgroepe soos Benchmark, Stud Game Breeders en Trophy Breeders is hier. Dié groepe bied ook hul eie veilings aan. Teen elfuur sit die veilingsaal stampvol. In ’n eersterangse wildveiling soos dié is daar kopers met diep sakke, bekende sakemanne soos Cyril Ramaphosa en sportmanne soos die gholfspeler Charl Schwartzel.  En hulle is bereid om hul sakke te skud om die regte teelmateriaal, die “genetika”, aan te koop.

Vleissentraal-Bosveld is die afslaers. Hulle begin die dag soos gewoonlik met Skriflesing en gebed. En dan draai hulle die krane oop met die eerste stel lotte swartwitpense waarvoor baie telers opgedaag het. Die bod op Lot 1 – die Swartwitpens “Tony – Exceptional 44.5 inch Western Zambian breeding bull – Silent Valley bloodline” word op R1,3 miljoen toegestaan. Ander Zambiese swartwitpense behaal R1,5 miljoen en meer, maar die groot afwagting was vir die Zambiese swartwitpens-teelbul Dinaka met sy stel horings van 48 duim wat vir R7,1 miljoen verkoop is.

Ek vra Ramaphosa buite die saal uit oor sy betrokkenheid by die wildbedryf toe van die kopers ’n pouse neem nadat die lotte swartwitpense onder die hamer gekom het. (Hulle gaan weer terug wanneer die buffels onder die hamer kom.) Hy lag: “There’s money in the business.” (Ramaphosa en die sakeman Norman Adami is lede van die Stud Breeders-groep, wat nie skrik om miljoene rande vir teeldiere uit te haal nie. Ramaphosa, onder meer ’n direkteur van Lonmin, het onlangs – en weer in die nadraai van die Marikana-tragedie – om verskoning gevra dat hy vroeër vanjaar in Rustenburg die “buitensporige” bedrag van R19,5 miljoen op ’n buffelkoei en haar kalf gebie het.) Hy spesialiseer in swartwitpense, sê hy.

Waarom? “Want ’n swartwitpens is die mooiste dier wat daar is.” Vir hom gaan dit ook oor die bewaring van spesies. “Suid-Afrika is geseën met ’n verskeidenheid van wild, dit is ’n nasionale erfenis. Ons moet dit beskerm. En natuurlik is daar ook die ekonomiese komponent.”

Hannes Maree, ondervoorsitter van die Benchmark-wildtelersgroep, spesialiseer ook in swartwitpense. “Al waaroor dit hier gaan, is horinglengte,” sê hy. “Dit is al wat die ouens soek, want hulle verkoop die horings aan buitelandse jagters per duim. Vleiswaarde tel nie, nie op dié soort veiling nie. En genetika raak al hoe belangriker. Wes-Zambiese swartwitpense veral, omdat hulle geneties die langer horings het. Dis dié goed wat op die oomblik vir groot geld gaan.” Beteken dit dat ander swartwitpens-bloedlyne uiteindelik tot niet geteel gaan word? Hy dink nie so nie, maar die vraag en die prys word aangedryf deur sekere bloedlyne.

Die diere wat op veiling is, is ooglopend in ’n ander klas as die wild wat ’n mens algemeen op wildplase sien. Hulle het ’n uitsonderlike bouvorm en hulle blink soos skoudiere. Die swartwitpense se horings maak sierlike boë tot byna op hul skowwe. Wat maak jy met ’n swartwitpensbul wat jou R7 miljoen uit die sak gejaag het? “Niemand gaan die goed jag nie. Daar is nie eens ’n kwessie nie. Jy kan nie soveel geld vir ’n dier betaal en jy sit hom in die bos nie. Of daar klim ’n ou met ’n hond deur die draad en hy vang hom of hy vang hom in ’n strik nie. So ’n dier sit jy in ’n kleinerige kamp naby jou huis,” sê Maree. “Jy sit daai bul by 20 koeie en daar bly hy. Jy haal die bul elke twee of drie jaar daar uit.”

Onder die seile van ’n groot onthaaltent, uit die Bosveld se middaghitte, vra ek die tergende vraag: Is dié wilde pryse, nes huispryse tot onlangs, ’n bubble wat een of ander tyd gaan bars? “Dit is ’n persepsie,” sê Phillip Mostert, ’n teler op ’n naburige wildplaas. “Mense dink hierdie is ’n kunsmatige ding tussen die telers. Dit is nié ’n bubble nie, en dit kan nie bars nie. Die ontvanger is ook hier. So, as daai bod val, gaan jy belasting betaal.” Hy verduidelik: “Gestel jy koop ’n dragtige swartwitpenskoei vir R1 miljoen. Haar kalfie, as hy die regte bul as pa het, is ook ’n miljoen werd. (Die verkoper sertifiseer met sonar-toetse dat sy dragtig is). Jy kry ’n onmiddellike opbrengs op jou kapitaal wat jy moeilik gaan ewenaar as jy jou geld op ander plekke belê. Swartwitpense en buffels het die laaste vyf jaar die Dow Jones en die JSE ver oortref. Buffelpryse het oor dié tydperk met gemiddeld 500% gestyg.”

Sê ’n teler wat nie sy naam genoem wil hê nie: “Vyftien jaar gelede het hulle gesê niemand sal R100 000 vir ’n swartwitpens betaal nie. Vandag is een verkoop vir R7,1 miljoen en een verlede week by Piet du Toit vir oor die R12 miljoen.” En die einde is nog nie in sig nie, sê hy. “Die wêreldrekord vir ’n swartwitpens, 55 duim, is in 1898 gejag. Tot nou toe het alles daaroor gegaan om daardie lengte te ewenaar. Daarná gaan hulle mik vir diere met sestigduim-horings.”  ’n Ander rede vir die bulmark in sekere voorheen bedreigde spesies soos buffels is omdat die boere buffels destyds voor die voet uitgeskiet het omdat die buffels nie waarde gehad het nie én met hul beeste meegeding het, sê hy. Op die ou end was daar net buffels in reservate soos die Krugerwildtuin. Nou het ’n klomp jagplase opgespring en almal wil buffels op hul grond hê. Want die Groot Vyf is seker dié grootste toeristeaantreklikheid in Suid-Afrika.

“Dit is nie dat landbou afneem nie, die wild is ’n waardetoevoeging tot die landbou,” sê die anonieme teler. “Die dae toe jy kon geld maak op ’n bees op marginale landbougrond is verby, want jou kostes is te hoog. As jy wil geld maak met ’n bees, dan moet jy hom op kraal sit. In die Bosveld het die beesboere die veld geruïneer omdat hulle te veel beeste op die grond probeer aanhou het, want die streek is te droog. Toe wyk hulle uit na meer geskikte beeswêreld en verkoop hul plase aan stedelinge en sakemanne. Dié mense sit toe met hul wildplase wat nie ’n sent inbring nie. Tot hulle skielik op ’n dag besef, wag ’n bietjie, hier was vroeër buffels en renosters… Kyk, beesboerdery gee jou 2% op jou geld. Swartwitpense gee jou 48% op jou geld.

“Daar is vandag omtrent 10 000 wildboere in die land en hier is vandag nie 1 000 mense by dié veiling nie,” sê hy. “Daar is dus ’n groot mark wat ontgin moet word. Baie van die kopers koop om sy naam te vestig, want mense vra: ‘Wie het daai bul gekoop?’ Die teler Piet du Toit het dit gedoen. Hy het baie vinnig in die laaste vyf jaar sy naam gebou, want hy het op die veilings die beste diere gekoop en nou gaan almal na sy veilings, want hy het die beste diere.” Want dit is nie jou biltongveiling nie, sê hy. Die manne kom koop die room. En dit is vandag hier beskikbaar.  “Die mense vandag hier is oorwegend Afrikaans en hier en daar Engels. Hier is nog nie Amerikaners, Europeërs, Russe of Dubaise sjeiks nie. Dit gaan kom dat dié ouens invlieg. Dan gaan die pryse wat tot nou toe vir wild betaal is, soos ’n tiekie klink. Daar was een Arabier in die saal wat net kom kyk het. Hy het nie ’n mandaat gehad om te koop nie.”

Maar hoe verhaal jy jou geld?
“Kort en saaklik, bly verkoop.”

Dié siening strook met wat Hannes Maree vroeër gesê het: “In ’n stadium kon mense op ’n veiling ’n uitstaande dier koop, dit ’n jaar lank aanhou en dit dan weer verkoop, maar daar is nie substansie in nie. Ons teel diere en op die oomblik klim die pryse met gemiddeld 15% per jaar. Uiteindelik gaan die wildtelersbedryf soos die bees-stoettelers werk. Jy teel met en vir uitstaande genetika en jy verkoop die nageslag. Die dier se waarde lê in sy nageslag.”

Van genetika gepraat: Freddie Senekal bedryf ’n interessante nismark in die wildbedryf: “Jy kan sê ek is ’n fasiliteerder. Ek bring ’n spesifieke koper en verkoper of telers by mekaar uit wanneer die behoefte bestaan. ’n Teler bel my en sê sy teelbul is nou al vier jaar by die koeie en die bul gaan nou met sy eie dogters begin teel.  Dan soek ek vir hom ’n geskikte bul met ’n goeie bouvorm en genetika in Namibië en Suid-Afrika stel die twee partye aan mekaar voor.” Intussen, in die afslaerstent, dreun die afslaers voort deur die lotte bastergemsbokke, njalas, kameelperde, renosters, elande, goue wildebeeste, goue gemsbokke… Die manne buite wag vir die laaste been van die veiling, wanneer die buffels aan die beurt kom. Die hoogtepunt van die dag is die “jagbuffel” met ’n horingspan van net onder 50 duim wat uitsluitlik vir jagdoeleindes op die veiling aangebied word. ’n Gelukkige bieër het die geleentheid om dié 11 jaar oue reus vir trofeejag te koop. Die buffel word vir trofeejag beskikbaar gestel omdat dit nie meer kan voortplant nie en omdat Thaba Tholo wil verseker dat die bul nie weer op ’n veiling as ’n teelbul verkoop word nie. Die koper kan die buffel in sy natuurlike omgewing – op die 35 000 ha-wildplaas – kom jag.

“Daar is mense wat enigiets sal betaal om dié buffel te jag,” sê Phillip Mostert. “Dit is ’n emosionele ding. Ons is bereid om tot R800 000 vir hom te betaal.” Daar is baie professionele jagters wat juis hier is om op dié buffel te bie, sê ek. “Ons sal sien,” sê hy met ’n laggie. “Good luck, vir hulle. Hulle gaan moeilik ’n klant kry wat bereid gaan wees om meer as R300 000 te betaal.” Op pad terug na die afslaertent sê Jacobus du Toit, wat die organisasie Wildbedryf SA by die veiling verteenwoordig, oor die hoë pryse wat uitsoekwild behaal: “Oor die laaste 100 jaar het ons ons bulle met die groot horings uitgejag en het ons dus seleksie téén daardie diere toegepas, eintlik teen hulle geteel. Telers is nou op soek na dié diere wat die teelmateriaal in hul gene het om daai horings en kenmerke terug te teel. Dit is die dryfveer agter die hele ding in die wildbedryf. Swartwitpense en bastergemsbokke teel moeilik, so daar is ’n wesenlike tekort. Dit is hoekom pryse so hoog gaan.”

In die saal – jy kan die buffel-beroering aanvoel – is my oë op Ramaphosa en die manne van Stud Breeders met hul diep sakke, skuins voor.  Sê Marius Rothman, ’n boer van Rustenburg en Swartruggens, hier langs my in die tent: “Ek kom kyk maar net vandag. Ek sê nou die dag weer, dit maak nie saak of jy jou geld gemaak het deur tweedehandse karre te verkoop óf in die mynbedryf nie, as die ouens hul geld gemaak het, dan koop hulle ’n wildplaas. En as jy ’n plaas het, dan wil jy dié dier, dan daai dier hê. Dan sien jy jou buurman het ’n bokkie wat jy nie het nie en jy wil hom ook hê. Dít is wat dit pryse so opjaag.” - Tina de Jager, ’n bekende in die wildbedryf, het die jagbuffel namens ’n anonieme bieër vir R1,7 miljoen gekoop. Die omset op die Thaba Tholo-veiling was net onder R136 miljoen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kopers op dié wildveilings kry glo ’n opbrengs op hul kapitaal wat moeilik geëwenaar word deur geld op ander plekke te belê. Foto’s: Franco Megannon

 

 

 

 

 

 

 

Die groot geld lê in swartwitpense. Vleiswaarde tel nie, nie op dié soort veiling nie, maar wel genetika. En horinglengte raak al hoe belangriker.

In Suid-Afrika is omtrent 10 000 wildboere, maar in dié stampvol veilingsaal is minder as 1 000 mense.

Danaka a Zambian Sable Bull Sold for R7.1 million

Dinaka – An exceptional Zambian Sable.